Smeltkroes

Smeltkroes is moontlik gemaak deur RSG en Nati (Die Nasionale Afrikaanse Teater-Inisiatief). Die projek is uitgebou en ontwikkel met nuwe produksielede, musikale en letterkundige toevoegings. Die produksie sou debuteer by Klein Karoo Nasionale Kunstefees (Maart 2020), waarna daar ‘n eenmalige opvoering by Kunstekaap sou wees gedurende die Suidoosterfees (April 2020). Hierdie produksie vier die nie-rassigheid van Afrikaans. Lees gerus die kort omskrywing hieronder, en vind uit wie sal deelvorm van die musiekteaterproduksie. Ons is opgewonde om aan te kondig dat die regie deur bekwame aktrise en regisseur Nicole Holm behartig sal word. Ons sien uit om saam met Nicole Holm te werk.

 

 

met Luna Paige, Ramon Alexander, Frazer Barry, Devonecia Swartz, Breyten Treurnicht, Jolyn Phillips & Shirmoney Rhode.

Begeleidingsorkes: Annemie Nel, Chadleigh Gowar, Bradley Prince, Muneeb Hermans

Regisseur: Nicole Holm

Vervaardiger: Iluminar Productions

Musiek deur: Luna Paige, Ramon Alexander, Frazer Barry, Jolyn Phillips, Anton Goosen, Kaapse volksmusiek

Gedigte en kortverhale deur: Dana Snyman, Catherine Willemse, ID du Plessis, Pieter Odendaal, Nathan Trantraal, Jolyn Phillips, Shirmoney Rhode, Gareiyah Fredericks, Diana Ferrus

Teks: Luna Paige

90 minute

Afrikaanssprekendes van die Kaap vind hul wortels wyd en syd. Hier is nou ‘n Smeltkroes van verhale (lief en leed) met die oorsprong uit Afrika, Europa en die Verre-Ooste. Het die dice vir jou sus of so geval? Smeltkroes speel met lied, verhaal en woord en wys ons dat ons deur veel meer as taal aan mekaar verbind is. “Afrikaans sing in ‘n duisend stemme”…en dis OK!

 

 

Die oorsprong, 2018

Smeltkroes was ‘n opdragproduksie vir RSG se RSG Skatkis in November 2018. Hierdie konsep is dus spesiaal ontwikkel vir Radio Sonder Grense se jaarlikse op-die-lug kunstefees.  Luna Paige (eienaar en vervaardiger van Iluminar Productions) het hier nou saamgewerk met Ramon Alexander om ‘n musiekprogram saam te stel en gevolglik ook die teks vir die radioprogram ontwikkel. Die teks was ‘n samevlansing van persoonlike stories en motivering agter die oorspronklike musiek, sowel as aanhalings uit boeke van Dana Snyman en verwysings na ID du Plessis en Catherine Willemse se werk. Dit het ook gedigte van digters en skrywers soos Jolyn Phillips, Nathan Trantraal, Diana Ferrus, Shirmoney Rhode en Gaireyah Fredericks ingesluit. Musiek deur Ramon Alexander, Luna Paige, Anton Goosen asook Kaapse volksliedjies is in die program ingesluit.  Akteurs Marlo Minnaar en Gaireyah Fredericks was ook betrokke in die opname. Johan Rademan was regisseur van die radioprogram.